SLUIT AAN
Francois Fourie en 4IE Trading is sinoniem. 4IE Trading is ‘n maatskappy en wyse van verhandeling. Ons is passievol oor kommoditeite, veral in die landbou industrie. Ek glo landbou is die sleutel in vooruitgang van ons ekonomie en die mense wat hy dien.
Ek het 'n passie vir die mark en sy onvoorspelbaarheid, dus is risikobestuur iets wat ek baie geniet. Dit is nie net my werk nie, maar my doelwit en ‘n plesier om seker te maak dat jou besigheid vooruitboer en goed geposisioneer is om die uitdagings wat die toekoms bied te verwelkom.
4IE Trading spesialiseer in die verhandeling op Safex. As 'n deel van die JSE wat termynkontrakte verhandelings doen word kommoditeit en wisselkoers afgeleides ingesluit. Ons verkry die beste opsies op kommoditeit en fisiese graan lewering om aan jou voor te stel.
Ons glo dat deursigtigheid vertroue versterk.
Kliek die skakel en maak vandag 'n SAFEX rekening by 4IE Trading oop. Dis gratis en moeite-vry.
SLUIT AAN
4IE Trading het 'n uitstekende reputasie en verhandelings rekord. Ons het jare se ondervinding in 'n kompeterende mark.
Die maatskappy is gebore as gevolg van die aanvraag en behoefte vir betroubare makelaars dienste. Dienste wat spesialiseer in die landbou kommoditeit verhandelings mark. 'n Eerlike en professionele diens. Maak gerus gebruik hiervan.
Ons verskaf dienste aan 'n
verskeidenheid kliënte, onder andere:
• Plaaslike finansiële instansies
• In- en uitvoerders
• Boere
• Meulenaars
• Internasionale maatskappye,
insluitend banke.
Ons agtergrond en ondervinding is kredietwaardig en bied 'n groot mate van sekuriteit vir ons kliënte. Meer as dit weet 4IE Trading dat ons met mense werk. Vertroue en vooruitgang is vir ons belangrik, ons werk saam om die beste besluite rakende jou boerdery te neem. Ons leer ken die risiko's sodat jy lekker kan slaap.
Ons het ook BVG Kommoditeite (lid van die JSE) benader om die dienste wat ons bied uit te brei. Soos wat jy seker reeds weet het BVG ‘n uitstekende rekord. 4IE Trading maak gebruik van BVG se setel om te handel op die beurs. Ons gebruik ook hulle puik "back office" sisteem.
Besoek gerus BVG se webtuiste vir meer informasie www.bvg.net.
Die passie wat ek het om mense te help laat my toe om lojale verhoudings met kliënte vol te hou.
Jou boerdery is in goeie hande.
Begin die pad saam met ons stap vandag.
SLUIT AAN
Monument Office Park, Cnr Steenbok & Elephant Rd, Pretoria, South Africa
+27 12 111 0557 | info@4ietrading.co.za
© 2017 copyright by TDP Media. All rights reserved.